Best Books Studiewerkgids: Fiela se kind - die drama Gr 12 EAT

Best Books Studiewerkgids: Fiela se kind - die drama Gr 12 EAT

Junaid Anthony

Best Books Studiewerkgids: Fiela se kind – die drama

Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Fiela se kind – die drama, die voorgeskrewe drama vir Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan.

Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys.

Wat maak ons studiewerkgidse anders?

Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.

Inhoud van hierdie studiewerkgids

Inleiding tot die drama.

Opsommings van al die tonele.

Engelse vertalings van moeilike woorde en begrippe asook Engelse hoofstukopsommings.

Kontekstuele vrae in Afrikaans en Engels (met aanwysings waar leerders moet antwoord op papier).

Antwoorde op alle vrae.

’n Bespreking van die drama, karakterisering, literêre begrippe, simbole, styl en motiewe.

Post-leesverrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker.

’n Konsepvraestel om leerders se kennis te toets.

Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Fiela se kind – die drama, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal.

[Oor die samesteller]

Junaid Anthony het ’n BA-graad aan die UWK verwerf met Afrikaans, Linguistiek en Geskiedenis as hoofvakke, asook ’n honneursgraad in Afrikaans. Hy is tans verbonde aan Hoerskool Milnerton in Wes-Kaap as Afrikaans-vakhoof. Hy sien matriekeksamens vir die afgelope twintig jaar na. Publikasies sluit Via Afrika Graad 7-9 Afrikaans EAT-handboeke in.

[Nog titels in die Best Books Studiewerkgidse-reeks:]

Nog titels in die Best Books Studiewerkgidse-reeks, ook beskikbaar in e-boek en mobi formaat:

Verskuns vir Graad 10 HT

Pad na jou hart vir Graad 10 HT

Vers en Vlam vir Graad 10 EAT

Droomdelwers vir Graad 11 HT

Die laaste karretjiegraf vir Graad 11 EAT

Vuvuzela vir Graad 11 TAT

Onderwêreld vir Graad 12 HT

Lien se lankstaanskoene vir Graad 12 EAT

Fiela se kind – die drama vir Graad 12 EAT

Verskuns vir Graad 12 EAT

The Mark for Grade 10 FAL

The lighthouse keeper’s wife for Grade 10 HL

Tsotsi for Grade 11 HL

Poems from all over for Grade 11 HL

Vistas of Poems for Grade 11 FAL

Dreaming of Light for Grade 11 FAL

My Children! My Africa for Grade 12 FAL

Купить можно в магазинах:

ISBN-10: 1-77607-023-2

ISBN-13: 978-1-77607-023-7

Язык книги: af

Возрастные ограничения: 0+

Издательсто: Ingram