Die liefde oorwin

Die liefde oorwin

Schalkie van Wyk

Toe die pragtige Ilse Brink universiteit toe gaan, het sy nie die spreekwoordelike sterre in haar oë en die wêreld aan haar voete nie. Sy besef dat sy hard sal moet werk – en boonop gou klaarkry – sodat sy kan help om vir haar behoeftige ouers op die plaas te sorg.

En toe vat 'n nuwe idee by haar pos: as sy met 'n ryk man kan trou, 'n ryk man met baie geld, sodat sy en haar ouers nooit weer aan hulle armoede hoef te dink nie . . .

Ilse is 'n gelukkige meisie, want sy loop vir Bruce Reyneke raak. Hier en daar hoor sy wel 'n storietjie oor Bruce, maar wat maak dit saak? Hy het mos baie geld en hy is beleef teenoor haar.

Ilse se boesemvriend, Henk Retief, hou haar egter met 'n arendsoog dop, en hy weet: eendag sal Ilse se oë wel oopgaan. Maar dit was voordat sy ingewillig het dat die beroemde Tobias Meiring haar skilder. Tobias het ook geld, en boonop is hy aantreklik, sjarmant en die antwoord op enige mooi meisie se drome – al is hy oud genoeg om Ilse se vader te wees.

Die liefde oorwin is 'n pakkende, eg-menslike verhaal wat end-uit boei.

Купить можно в магазинах:

ISBN-10:

ISBN-13: 978-0-624-07542-4

Язык книги: af

Возрастные ограничения: 0+

Издательсто: Ingram